Vliegas

Vliegas

Vliegas is 'n verbrandingsproduk van steenkool. In 'n moderne kragstasie bereik die verbrandingstemperatuur meer as 1 500 °C. Die as wat gevorm word, bestaan uit die swaar bodemas wat op die vloer van die verbrandingsoond versamel en die vliegas wat lig genoeg is om saam met die verbrandingsgasse afgevoer te word.[1] Die vliegas word – dikwels elektrostaties[2] – neergeslaan en in silo's versamel, en word daarop in 'n verskeidenheid van aanwendings benut.

  1. "flyash.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 3 Julie 2017.
  2. "User guidelines for waste and byproduct materials in pavement construction FHWA-RD-97-148 VS se Federals Highway Administration Reserach and Technology" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search